Moet ‘n skool bemark? En indien wel, hoe word dit gedoen?

Enige organisasie, maatskappy of instansie kommunikeer vir een rede – om die regte boodskappe by die regte gehoor uit te kry. Dit  kan wees om die gehoor te lok om ‘n produk te koop of aan te sluit as lid, of om bestaande ondersteuners ingelig te hou, of om belangstellendes van nuwe produkte of dienste te vertel. 

Dieselfde geld vir skole. 

Daar is die afgelope 10 – 20 jaar groot veranderinge in hoe skole bestuur word en funksioneer. Dit het ook daartoe gelei dat skole nie langer net op tradisionele wyse kan voortgaan of geïntegreerde bemarkingskommunikasie kan ignoreer nie. 

Ouers leef ook in meer uitdagende tye in terme van die ekonomie, politieke omgewing en ander uitdagings in Suid-Afrika. Ouers is natuurlik aan die ander kant ook bewus van veranderinge in tegnologie; virtuele vergaderings word gehou, papierlose stelsels en draadlose netwerke is bekendgestel

Daleen Gouws, die eienaar van Edge Communications, is al jare werksaam in die veld van geïntegreerde bemarkingskommunikasie. Sy deel graag haar in-diepte kennis en uitgebreide ervaring.

Gesonde bemarkingsbeginsels

Wanneer ‘n skool die pad van kommunikasie of bemarking aandurf, moet daar heel eerste gekyk word na strategiese bemarkingskommunikasie. Alle kommunikasie-pogings moet gekoördineer word om die skool te help om sy doelwitte te bereik. 

Verskeie aspekte kan deel wees van ‘n skool se doelwitte, byvoorbeeld hoër leerdergetalle, beter slaagsyfers en prestasies, beste in die distrik, ens.  Dit is noodsaaklik om die skool se prioriteite te verstaan en om kommunikasiedoelwitte met relevante aktiwiteite daar te stel. 

Só ‘n strategie bepaal aan watter belangegroepe of teikenmark die skool moet kommunikeer. 

Hierdie teikenmarkte of belangegroepe kan baie verfyn word – moenie die fout maak om ouers in een groep in te deel nie. Ouers met ‘n kind in Graad 7 en 11 dink al heeltemal anders oor die skoolomgewing as ‘n ouer van ‘n Graad 8 of 12 kind. Enige organisasie, maak nie saak wat sy besigheid, kan net suksesvol wees met bemarkingskommunikasie as dit reg aangepak en basiese modelle gevolg word.

‘n Eenvoudige manier wat skole kan gebruik is om te kyk dat elke aksie, projek, bemarkingsgeleentheid of idee uiteengesit word in die model wat bekend staan as die 4-stap kommunikasieproses:

  • Doelwit
  • Belangegroepe
  • Proses
  • Evalueer

Dit sal verseker dat ‘n skool nie jaar na jaar tyd, geld en energie in projekte in sit wat nie resultate oplewer nie.

Reputasiebestuur

Benjamin Franklin het gesê: “It takes many good deeds to build a good reputation, and only one bad one to lose it.” 

Die beeld en identiteit van ‘n skool moet opgebou en dan beskerm word. Dink aan enige skool wat oor jare ’n positiewe beeld gehandhaaf het deur prestasie of sport of enige ander uniekheid. 

Dink dan aan jou eie skool, groot of klein, en identifiseer die een aspek wat jou skool uniek maak. Hoe gaan jy dit daar buite kry sonder om R80 000 vir ‘n advertensie te betaal of om ‘n eerste span vir een of ander sport te koop?

Dit is wat ons in geïntegreerde bemarkingskommunikasie reputasiebestuur noem – ‘n baie belangrike aspek wat maklik deur oorgretige vrywilligers of bemarkers vergeet word.

Reputasiebestuur is om persepsies en gesprekke oor ‘n skool te monitor, te reageer op bedreigings wat die reputasie kan benadeel, en om enige geleenthede wat die skool se beeld ‘n hupstoot kan gee, aan te gryp. 

Skole met ‘n sterk positiewe reputasie lok meer en beter leerders. Die persepsie is dat hierdie skole meer waarde bied, en dit gee vir die geleentheid gee om ‘n premie te vra. Hul ouers  is meer lojaal en hulle sal al hul kinders na dié skool stuur. 

Ons leef in ‘n ekonomie waar 70% tot 80% van ‘n organisasie se markwaarde afkomstig is van ontasbare bates soos handelsmerkekwiteit, intellektuele kapitaal en welwillendheid. Hierdie aspekte is baie moeilik om te evalueer, en daarom is organisasies soos skole veral kwesbaar vir enigiets wat hul reputasie kan skaad.

Handelsmerkbestuur

Handelsmerkbestuur gebruik verskillende tegnieke om die manier hoe ‘n skool aan die buitewêreld vertoon te bestuur, byvoorbeeld deur grafika, ontwerpe, voorkoms van kantore, personeel, diens, ens.  

By Edge Communications definieer ons ‘n korporatiewe identiteit (KI) as die ontwikkeling, gebruik en beskerming van ‘n organisasie se handelsmerk as ‘n belangrike strategiese bate wat direk verband hou met die reputasie van die organisasie.

Die doel van ‘n KI-dokument is om te verseker dat personeel, kliënte, verskaffers, agentskappe, kontrakteurs en enige geaffilieerde entiteit, die handelsmerk en sy verskeie toepassings konsekwent gebruik. Hierdie dokument definieer die visuele elemente (pasgemaakte logo’s tot lettertipe, beelde, en kleurpalet) wat gekies word om die algehele beeld van die skool voor te stel, asook die prosedures en reëls vir die gebruik daarvan.  

Hier het mens soms te doen met ‘n borg of ‘n ouer wat wil help met ‘n funksie of klere van ‘n sportspan. Die maklikste en effektiefste manier om nie vrywilligers en ondersteuners negatief te maak of aanstoot te gee nie, is om hulle in te lig van die skool se KI riglynne. Deel dit met almal wat graag iets met die skool se logo of wapen wil doen. 

Op so manier verhoed die skool dat ‘n sportsak vir ‘n toer geskenk word, met die skool se logo op, maar met ‘n spelfout!

Openbare betrekkinge

Skole kan publisiteit of skakelwerk gebruik om ‘n positiewe beeld te skep en te handhaaf. Deur aandag te vestig op nuuswaardige en interessante aktiwiteite kan skole hul advertensieboodskappe effektief en kreatief versterk. 

Ongelukkig word skakelwerk en publisiteit dikwels afgeskeep omdat organisasies nie seker is wat dit is of watter voordele dit kan inhou nie. Dit maak nie saak watter organisasie, besigheid, nie-winsorganisasie, regeringsagentskap of openbare figuur ter sprake is nie, publisiteit en skakelwerk bevorder positiewe nuus sodat die skade wat deur negatiewe gebeure veroorsaak kan word, beperk word. 

Skole kan publisiteit baie slim tot hul voordeel gebruik om hulself in die publieke oog te kry. Die bestuur van ‘n positiewe publisiteit-plan is ook ‘n teenvoeter vir enige krisis. 

‘n Volhoubare publisiteit- en mediastrategie wat kanale soos radio, televisie, video, koerante, tydskrifte en digitale media benut, bied skole die geleentheid om groter ondersteuning en publieke inkoop te kry.  Hier is ‘n paar praktiese idees:

  • Skep aktuele gesprekspunte en skryf artikels, ontwerp grafika oor die verskillende uitgangspunte, en kry die publiek se deelname deur kompetisies. 
  • Elke skool het personeel wat spesialiseer in ‘n sekere vakgebied, sport of ander kundigheid. Hulle kan ‘n baie effektiewe bydrae lewer deur hul kundigheid op radio, blogs, ens. te deel.  
  • Identifiseer personeel vir wie ‘n mediapersoonlikheid geskep kan word en laat hulle as die skool se ambassadeurs optree. 

Bill Gates het nie verniet al gesê dat as hy slegs een doller oorgehad het nie, sou hy dit op openbare betrekkinge spandeer. 

Die verskillende fasette van openbare betrekkinge is strategiese kommunikasie, mediaverhoudinge, kommunikasieveldtogte, gemeenskapsbetrokkenheid, interne kommunikasie, krisiskommunikasie, openbare aangeleenthede en sosiale media. 

’n Goeie verhouding met die media is nodig om sleutelboodskappe aan die teikengehoor te versprei. Joernaliste het ‘n konsekwente stroom nuus nodig om hul bladsye en lugweë te vul, en boeiende nuusberigte oor ‘n skool is ‘n wen-wen vir beide partye. 

Nog ‘n effektiewe manier van kommunikasie is betrokkenheid by die gemeenskap. Byvoorbeeld, wanneer ‘n skool ‘n nuwe projek of fees oopmaak, is dit net so belangrik om terugvoer van die plaaslike gemeenskap te kry, as om die voordele vir die plaaslike ekonomie uit te lig.

Ten slotte – “word of mouth”

Ons onderskat die waarde van mondelinge bemarking. Wanneer ‘n skool net bemark, is ‘n ouer afhanklik van ‘n stuk papier vol beloftes. Maar wanneer ‘n ander ouer vertel hoe goed die skool is, en die ouer lees dit die volgende dag in die plaaslike media ook, dan het die skool gewen.

Get a quote
Baie dankie vir Edge wat TLU SA-aktiwiteite baie netjies verpak – dit kan net gebeur indien TLU SA goeie stories genereer. Dankie vir almal wat stories skep, standpunte stel, help om hoop te skep en dit dan ook te verpak. Ons mag trots wees op die waardes waarvoor ons staan. Saam maak dit ‘n verskil!
TLU Logo
Bennie van Zyl
hoof uitvoerende beampte, TLU SA
Ons Tuis is trots om ‘n Edge-kliënt te wees. Gaan voort met julle goeie diens en onthou om tyd te maak om te rock & roll.
OnsTuis Logo
Adv. Jaco Bothma
besturende direkteur, Ons Tuis
Dit was ‘n voorreg om te kon saamwerk. Ek is trots op die werk wat julle doen. Dit is min dat ‘n groep mense wat so wyd verspreid is en soms onder soveel druk is (veral tydens beurtkrag en die spanning wat dit meebring!), ten alle tye respekvol, vriendelik en geduldig met mekaar en hul kliënte bly. Ek glo regtig dat integriteit en nederigheid die geheim van Edge se sukses is.
ciag logo
Dr Rineé Pretorius
co-founder, Cape Independence Advocacy Group

Strategic
EXPERTISE

We create PR strategies that align with your business goals. From media relations to crisis management, we’ve got it covered.

Media
MASTERY

We have insider access to top media outlets and influencers. Your brand will be where it matters most.

Proven track
RECORD

We have a history of delivering exceptional results for clients across different industries.

GET A QUOTE

Quote
Quote *