- Maak seker jou skool se Google Business profiel is opgestel en dat dit gereeld opgedateer word.
- Sorg dat die adres- en kontakbesonderhede reg gestoor is op Google Maps.
- Gebruik die skool se domein (waarop die skool se webwerf lê) vir alle personeel se e-posadresse. Dit is maklik, goedkoop en vinnig en lyk baie beter as ‘n Gmail e-posadres.
- Belê in ‘n grafiese ontwerper om alle personeel se e-poshandtekeninge te standaardiseer. Dit skep ‘n professionele beeld.
- Hersien die inhoud van die skool se webwerf gereeld en hou dit op datum met nuus en fotos.
- Stel ‘n proses op om belangstellendes weer en weer in te lig oor die skool se uniekheid en hoekom hulle moet deel word. Dit kan opvolg e-posse (geoutomatiseer) en gefokusde digitale bemarking insluit.
- Belê in sosiale media bemarking. Begroot vooraf vir ‘n maadelikse bedrag om jou skool op sosiale media vlerke te gee.
- Ontwikkel ‘n eerste-inhoud dokument vir voornemende ouers of leerders wat navraag doen en maak seker dat almal by die skool weet waar om dit te kry.
Nota: Gebruik ‘n inhoudkaart om alles vir die webwerf te kategoriseer en te sorg dat niks verlore raak nie. As alles eers op die kaart of in een lêer gestoor is, maak dit opdatering maklik en vinnig. Kontak Edge Communications vir ’n gratis templaat om die webwerf te beplanning en inhoud op datum te hou.
Sewe vrae om jou bemarkingskommunikasieveldtog te toets
- Wat wil ons bereik? Identifiseer een hoofdoel en maksimum drie doelwitte vir die veldtog.
- Hoe gaan ons meet of die doel of doelwitte bereik is?
- Wie is die teikengehoor? (ouderdomme, ligging, inkomste profiel, ets.)
- Verdeel die teikengehoor in subgroepe. Hoe kan elke groep bereik word? (watter mediums)
- Wat is die oproep tot aksie vir elke groep? (spesifieke boodskappe)
- Hoe gaan ons na die veldtog met belangstellendes opvolg?
- Is die idees prakties uitvoerbaar?